Skakel 082-556-6361 vir meer inligting en besprekings.

 

Zoetvlei Safaris

Vir die Biltong en Trofee Jagter , maar ook vir Wegbreek...

 BELEGGING IN EKSOTIESE EN SKAARS WILD: 

 BESOEK:   www.SableCapital.co.za 

 

Zoetvlei Hunting Safaris is daarop ingestel om 'n kwaliteit jag te bied vir die toegewyde en gereelde Suid-Afrikaanse Biltong- en Trofee jagter.  Die plaas Zoetvlei beslaan 3300 hektaar en 2.4meter wildwerend omhein. Dis mooi terrein wat wissel van doringboomleegtes tot grasvlaktes tot rante veld en bied aan jagters en besoekers 'n unieke en onvergeetlike jag.Op Zoetvlei wil ons ons jagkultuur bewaar en uitleef. 'n Gedeelte van die inkomste word jaarliks geïnvesteer in bewarings aktiwiteite.

  

AKKOMMODASIE:     

  DIE KAMP: BURCHELLS REST  

    Die Boskamp bestaan uit 4 gemeubeleerde klip chalets met 3 beddens elk. Die ablusie bestaan uit 'n stort (donkie) , spoel toilet en wasbak.Die kombuis het alles wat nodig is vir selfsorg.

 

 

 

 

 

 

  Die jagseisoen: April tot Augustus jaarliks.

Jag Metode: 'n Jagter word met 'n spesiaal ingerigte voertuig na die veld vervoer deur die PH/bestuurder  , vergesel met gidse / spoorsnyers. Sodra die wild / spesie / trop gewaar word , word daar met die voertuig nader beweeg en tot 'n stilstand gebring. Die jagter word dan deur die PH en gids begelei waar daar dan volgens die walk & stalk jagmetode gejag word.

Waarmee jag ons: Dit is ook raadsaam om 'n verkyker te bring om eers die landskap en wild te bekyk. Vir die jag van springbokke word .222 as 'n minimum toegelaat, met .338 as die grootste. Vir die jag van koedoes word .30 tot .375 toegelaat, met .308, .270 en 30-06 die gewildste. Geen "full metal jacket" patrone word toegelaat nie. Indien u onseker is oor die gebruik van 'n betrokke kaliber, bevestig altyd eers met ons voor u bespreek en / of opdaag vir u jag.

Die omgewing: Die Karoo winters is bekend daarvoor dat dit baie koud word, wat jagters natuurlik verwelkom. Gemiddelde temperatuur is 15 tot 25°C bedags en -5 tot 6°C snags. Dagbreek is ongeveer 07h30 en sonsonder om 17h30. Gedurende die dag is die weer matig, met soms 'n lekker briesie. Die aandlug is koud.

 

BELEGGING IN EKSOTIESE EN SKAARS WILD: 

 BESOEK:   www.SableCapital.co.za 

 

In Samewerking Met:

MacYoung Kuseiendomme verkoop huise en plase in die Mosselbaai-omgewing.

Webwerf geskep en onderhou deur Robert Sadler

Kopiereg behou deur Robert Sadler & Zoetvlei Safaris, 2006 - 2008