Skakel 082-556-6361 vir meer inligting en besprekings.

 

Zoetvlei Safaris

Terme en Voorwaardes

Besprekings: 'n Bespreking sal slegs bevestig word nadat 50% van die pakketfooi betaal is en 'n afskrif van die deposito strokie aan Zoetvlei Safaris gelewer is. Dan alleenlik is u bespreking bevestig. Fooie vir trofees is betaalbaar na afloop van die jag en voor vertrek vanaf die gronde. Die deposito is nie terugbetaalbaar nie, tensy kansellasie skriftelik sestig (60) dae voor die besprekingsdatum ontvang word. 'n Tien persent (10%) kansellasie en administrasie fooi sal gehef word op alle kansellasies.

 JAGMETODE/S: Jagters het die keuse om  wild te walk & stalk (wat ons verskies) , of vanaf die ingerigte jagvoertuig te jag. As fasiliteerders , skep ons die jag , maar is dit elke jagter se keuse en siening omtrent ETIESE JAG.

SPRINGBOK VOORSIT JAG WORD NIE GEDOEN NIE!

BETALINGS:Slegs bankgewaarborgde tjeks en kontant word aanvaar. Geen internet betalings vanaf plaas voor vertrek.Volle betaling word afgehandel voor jagters huiswaarts keer, na afloop van die jag.  Tips / fooitjies aan gidse / skoonmakers word slegs in kontant aangebied en geen alkoholiese drank mag aan die werkers en hulpe gegee word nie. Die werkers is entosiasties en gewillig; kyk asseblief mooi na hulle in alle opsigte. Alle gekweste wild is ten volle betaalbaar soos per die tarieflys.

Veiligheid: Alhoewel alles moontlik gedoen word om jagters en besoekers se veiligheid te verseker, is daar altyd bepaalde risikos in die natuur. Moet byvoorbeeld nie 'n jakkals wat mak voorkom benader nie, want dit mag hondsdolheid hê. Tydens die somer is slange volop, so wees altyd op die uitkyk.

Daar is soms blou-apies, meerkatte en muishonde wat kom kuier by die kamp. Vermy asseblief fisiese kontak en moenie die diere voer nie.

Hierdie 'n malaria-vrye area, maar kan bosluise (en dus bosluiskoors) soms lastig wees.

BAIE BELANGRIK:

Gewere, ammunisie, lisensies en permitte: Verseker dat u op Zoetvlei arriveer met 'n geldige jaglisensie, verkrygbaar by Cape Nature Conservation (naaste is George) en sommige vuurwapen handelaars. Met vertrek sal u voorsien word van 'n geldige permit vir die vervoer van u wild, vleis en / of karkas.

Maak seker dat die kaliber van u geweer korrek is vir die tipe wild wat u kom jag. Toelaatbare kalibers vir die jag van springbokke is tussen .222 en .338; en vir koedoes is dit tussen .30 en .375 wat gebruik mag word. Slegs "soft point" ammunisie word toegelaat, nie "full metal jacket" nie. Soos altyd, bevestig alles met ons voor u kom jag.

 

Opsommende reëls en voorwaardes:

  1. Reg van toegang STRENG voorbehou.
  2. Elke jagter moet 'n jaggeweer hê waarmee hy self jag.
  3. Jagters en / of besoekers betree die plaas of jagterrein op eie risiko.
  4. Gekweste wild wat nie gevind kan word nie, word as geskiet aanvaar en moet ten volle betaal word.
  5. Geen alkoholiese drank of produkte word in die jagveld toegelaat nie.
  6. Tydens "walk & stalk" moet 'n gids die jagter vergesel.
  7. Jagters arriveer voor 17h00 op dag van aankoms; vertrek voor 10h00 op dag van vertrek.
  8. Slegs kontant en bank gewaarborgde tjeks word aanvaar. GEEN "SLIPT BILLS".
  9. BTW is betaalbaar soos aangedui.'n BTW faktuur sal aan u uitgereik word met volle betaling. BTW no 4590197325
  10. U vuurwapenlisensie(s) moet in orde wees.
  11. Minimum persone en minimum nagte soos aangedui op besprekingskalender.
  12. Deposito is die volle akkommodasie fooi, ook om bespreking te bevestig.
  13. Besluite en reëls van professionele jagter of persoon in beheer moet nagekom word.
  14. Nakoming van alle reëls t.o.v. van veiligheid.
  15. Jagters se vaardigheid en hul toerusting sal op die skietbaan getoets word voordat daar gejag word.
  16. Alle bykomstige uitgawes tydens die jag en verblyf is ten volle betaalbaar voor vertrek.
  17. Kansellasie negentig (90) dae voor aanvang sal slegs 50% terugbetaalbaar wees; na 90 dae geen terugbetaling van deposito.
  18. Sommige spesies op aanvraag en kan soms op nabygeleë plase gejag word; indien wel, geld al die reëls en regulasies ook daar.
  19. Pryse en tariewe mag verander sonder vooraf kennisgewing, maar nie na deposito betaal is nie.
  20. Geen honde of ander troetel- of persoonlike diere word toegelaat nie.
  21. Vuurwapens mag nie gelaai wees in die kampterrein, tydens vervoer of begeleiding na die jagveld nie. Die slotaksie moet uitgehaal wees.
  22. Vuurwapens moet "gebag" bly , totdat jagter in die veld is.
  23. Die gebruik van 'n "veiligheidsknip" om voorafgaande te vermy word nie toegelaat nie.
  24. Geen jag vanaf enige voertuig word toegelaat nie.
  25. Skiet slegs in die rigting of na die wild aangedui deur die ondernemer / PH / gidse.
  26. Slegs wild wat bespreek is, mag deur die jagter gejag word. Andersins sal ‘n belading van 50% van die wildprys van toepassing wees.

 

BELANGRIKE KENNISGEWING: KLAARBLYKLIK IS DAAR 2 BLOU / SILVER SPRINGBOKKE OP DIE PLAAS , EN MAG DIT NIE GEJAG WORD NIE. 

 

Webwerf geskep en onderhou deur Robert Sadler

Kopiereg behou deur Robert Sadler & Zoetvlei Safaris, 2006 - 2008