Zoetvlei Safaris
Kampgeriewe en Akkommodasie
Akkommodasie is in die bekende Bobbejaan Kamer, 'n unieke boskamp met 'n ongelooflike atmosfeer tussen groot doring bome. Daar is vier klip chalets (ten volle gemeubeleer), waarvan die plafonne met spaansriet bedek is vir daardie ekstra nostalgiese gevoel. Elke bed het ‘n duvet, lakens, kussing en ‘n wolkombers. Die aparte ablusie bestaan uit ‘n toilet, stort en wasbak. Onthou om die donkie te stook vir warm water, 'n pure luukse in die veld. Die boskamp is selfsorg en geen etes word voorsien. Maak dus seker dat die kruideniers lysie volledig is. Bring gerus ‘n koelboks met genoeg ys. Indien u ons betyds laat weet, kan ons ‘n halwe lam (in tjops gesaag) vir u vooraf reel. Minimum van vier jagters per bespreking.























